Job Details

Junior Plaasbestuurder (Vrugte)

Closing Date : 2015-08-14
Closed : Yes
Description:
Tulbagh, ’n historiese dorp bekend vir sy vrugte, wyne en pragtige natuur, word byna heeltemal deur berge omring wat in die winter prentjiemooi met sneeu bedek is. Om alles te kroon is dit skaars ’n klipgooi vanaf Kaapstad. Ons kliënt, ’n nuwe kern- en steenvrugteplaas in die pragtige Winterhoek-omgewing, bied tans die volgende opwindende betrekking: JUNIOR PLAASBESTUURDER (Vrugte) Is jy passievol oor landbou? Handhaaf jy goeie verhoudinge? Indien jy ook oor die volgende vereistes beskik, stel ons belang in jou aansoek: selfmotivering, goeie tweetaligheid, eie inisiatief en die vermoë om onder druk, onafhanklik en baie noukeurig te werk. Jou toepaslike naskoolse kwalifikasie, ±3 tot 5 jaar ondervinding in vrugteboerdery, asook deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede, sal in jou guns tel. As suksesvolle kandidaat sal jy verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie en jou pligte sal o.a. die volgende behels: • boordaanplantings • bemesting • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • produkvoorbereiding • onkruidbeheer • produktiewe aanwending van personeel • alle administratiewe take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan wat behuising insluit. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...