Job Details

Wingerdboukundige - Klawer Wynkelder

Closing Date : 2017-05-25
Closed : Yes
Description:
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking vir toegewyde persoon met ‘n passie vir wingerdbou en wyn. WINGERDBOUKUNDIGE ’n Uitdagende geleentheid vir ’n goeie kommunikeerder met uitstekende menseverhoudinge en sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie is ’n vereiste vir hierdie pos, terwyl vorige ondervinding in die aansoeker se guns sal tel. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir * alle fasette van wingerdbou advies aan produsente * identifisering van en detail-betrokkenheid by strategiese wingerdblokke * bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd * betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite * IPW-rekordhouding * Wieta en bestuur van kwaliteitskontrolestelsels * behulpsaamheid by wynpromosies en –verkope * alle administratiewe- en rekenaar take op WineMS. In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 25 Mei 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...