Job Details

Senior Wynmaker - Klawer Wynkelder

Closing Date : 2017-05-25
Closed : Yes
Description:
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking vir toegewyde persoon met ‘n passie vir wingerdbou en wyn. SENIOR WYNMAKER Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, met ten minste 5 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Die Senior Wynmaker rapporteer direk aan die Produksiebestuurder en is verantwoordelik vir: * die koördinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * skakeling met wynaankopers * bestuur van kwaliteitskontrole stelsels (ISO) * wingerdboupraktyke * voorraadbeheer en produksie administrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word. In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 25 Mei 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...