Junior Plaasbestuurder - Mischa Wynlandgoed
Closing Date : 2017-05-15
Closed : Yes
Description:
JUNIOR PLAASBESTUURDER
(Wingerd/Kelder/Kwekery)
Mischa Wynlandgoed, geleë in Wellington benodig ’n tweetalige Junior Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en met ongeveer 2 tot 3 jaar ondervinding. ’n Na-skoolse landbou kwalifikasie sal verder in die aansoeker se guns tel, asook ’n geldige Kode 10 rybewys en bewese ervaring in MS Office.
Pligte behels onder andere wingerd aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, druiwe voorbereiding, onkruidbeheer, personeelbestuur, boerdery administrasie, algemene stokkies-kwekery werk, onderhoudsbestuur, algemene kelder werk en administrasie, pars koördinering, wynbereiding, sowel as alle ander take tipies verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Mischa Wynlandgoed ’n mededingende vergoedingspakket, met akkomodasie vir ‘n enkelpersoon aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 15 Mei 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...