Job Details

Senior Huismoeder/Matrone

Closing Date : 2017-05-05
Closed : Yes
Description:
Sunfield Home, geleë in Wellington, is op soek na 'n emosioneel volwasse en professionele persoon wat met intellektueel gestremde volwassenes kan werk. Die prioriteit is dat elke inwoner met integriteit en respek hanteer word om te verseker dat die volle potensiaal van elke individu bereik word. Die suksesvolle kandidaat het ‘n sterk persoonlikheid met uitstekende kommunikasie-, bestuurs- en interpersoonlike vaardighede en is ‘n mens-mens. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (Verpleegkundige Diploma/Graad) sal in die aansoeker se guns tel terwyl 3 – 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie ‘n vereiste is. Rekenaarvaardigheid asook ‘n geldige rybewys is verdere vereistes vir die pos. Pligte behels onder meer: • Instandhouding en bevording van inwoner se emosionele, fisiese en intellektuele welstand. • Bevordering van self-ontwikkeling, onafhanklikheid en individualiteit van die inwoners. • Verantwoordelik vir inwoners se algehele higiëne en netheid. • Verantwoordelik vir bediening van maaltye en spesifieke dieetvereistes. • Toediening van medikasie. • Toesien dat algemene huishoudingstake stiptelik gedoen word. • Opstel van opvoedkundige programme en reël van uitstappies. • Daaglikse rekordhouding van inwoners se toediening van medikasie en insidente. • Toesig oor en motivering van personeel. • Hantering van noodsituasies. • Implementering en instandhouding van beroepveiligheidsplan. • Handhaaf goeie verhoudinge en kommunikasie met ouers, personeel en besoekers. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 3 Mei 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So Spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...