Job Details

Lone/Krediteure Klerk (halfdag pos)

Closing Date : 2017-04-25
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n dinamiese, gevestigde landbouprodusent in die Muldersvlei area, benodig tans persone met finansiële kundigheid asook uitstekende administratiewe en interpersoonlike vaardighede. LONE & KREDITEURE KLERK (halfdag pos) Matriek en ondervinding in 'n soortgelyke betrekking met deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (Pastel en Pastel Payroll) is vereistes vir hierdie pos. 1-3 jaar ervaring in ’n soortgelyke pos is ’n verdere vereiste terwyl ’n relevante naskoolse kwalifikasie in die aansoeker se guns sal tel. Die aansoeker rapporteer direk aan die Boekhouer en is verantwoordelik vir die totale krediteure en loonadministrasie funksies asook kredietkaart- en kleinkasadministrasie en rekonsiliasies. Verder kan enige ad-hoc finansiële of administratiewe take van tyd tot tyd van die pos versoek word. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 25 April 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...