Job Details

Boekhouer

Closing Date : 2017-04-25
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ‘n dinamiese, gevestigde landbouprodusent in die Muldersvlei area, benodig tans persone met finansiële kundigheid asook uitstekende administratiewe en interpersoonlike vaardighede. BOEKHOUER ‘n Toepaslike naskoolse Kwalifikasie (B.Comm of soortgelyk), 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking en rekenaarvaardigheid (MS Office en Pastel) is vereistes vir die pos. Die aansoeker rapporteer direk aan die Hoof Finansiële Beampte en die pligte behels onder andere: * volledige boekhouding tot en met proefbalans (debiteure, krediteure, lopende- en kredietkaart rekeninge, joernale, alle rekonsiliasies, ens.) * weeklikse rapportering aan die eienaars * statutêre opgawes (BTW, LBS, WCA, EE, CIPC ens.) * alle administratiewe funksies wat verband hou met die pos In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 25 April 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...