Job Details

Produksie- en Logistieke Koördineerder

Closing Date : 2017-04-12
Closed : Yes
Description:
PRODUKSIE- & LOGISTIEKE KOöRDINEERDER Rooiberg Wynkelder, ’n toonaangewende produsent in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Dit is ‘n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met goeie kommunikasievermoë wat akkuraat en onder druk kan werk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, twee tot drie jaar ondervinding van logistieke administrasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos. ‘n Geldige bestuurslisensie en ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel. Die pligte behels onder andere * hantering van kwotasies en bestellings * voorraadbeheer van alle droë voorraad * skakel met produksie-afdeling in terme van produkspesifikasies * bestuur en koördineer botteleringskedules * beplanning van bulkuitvoere * oorhoofse toesig en koördinering van stooraktiwiteite * behulpsaam by wynfeeste en ander funksies * kompetisie-inskrywings * algemene korrespondensie met belangegroepe * uitstuur van wynmonsters * verseker voldoening aan ISO-vereistes * alle ander verwante administratiewe en finansiële take. In ruil vir jou bydrae bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 12 April 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...