Rekenkundige/Administratiewe Beampte
Closing Date : 2017-04-04
Closed : Yes
Description:
WILD CLOVER BREWERIES, ’n boetiek brouery geleë in die pragtige Stellenbosch area, beskik tans oor die volgende betrekking.
Rekenkundige/ Administratiewe Beampte
Die suksesvolle kandidaat is ‘n lojale, gestruktureerde en emosioneel intelligente persoon met ‘n aanvoeling vir besigheidsbeginsels wat onafhanklik en in spanverband binne ‘n klein dinamiese omgewing gaan werk. ‘n B. Comm graad met voltooide SAIPA klerkskap ondersteun deur ten minste 4 jaar ondervinding is ‘n voorvereiste vir die pos, terwyl rekenaargeletterheid in Pastel en volle tweetaligheid verdere vereistes is.
Die suksesvolle aansoeker sal primêr verantwoordelik wees vir: *alle rekeningkundige en administratiewe pligte wat van toepassing is op verskillende operasionele aktiwiteite en prosesse (bierbrouery, feeste, handelsarea) *proseskoste-vaslegging van die broustelsel * bestellings * voorraadbeheer en kontroles * lone * debiteure en krediteure * BTW-berekeninge en -rekonsiliasies.
Die posbekleër sal ook dinamies wees in die opstelling van stelsels en kontroles, die verfyning en verdere ontwikkelling daarvan, asook byhou van effektiewe werkspapiere vir nasien deur die finansiële bestuurder. Daar kan ook van die posbeklieër verwag word om van tyd tot tyd betrokke te wees by logistiek, bemarking en verkope.
In ruil vir u bydrae bied Wild Clover Breweries ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za vóór 09:00 op 4 April 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management. Tel 021 863 1444
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...