Handelsmerk-ambassadeur
Closing Date : 2015-08-31
Closed : Yes
Description:
’n Toegewyde persoon met ’n positiewe lewens-benadering en spontane persoonlikheid, met grondige kennis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf,
word verlang vir inskakeling by die Verkoop- en Bemarkingspanne van La Motte en Leopard’s Leap
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • die handhaaf en uitbou van klanteverhoudinge – intern sowel as ekstern – t.o.v. hierdie twee handelsmerke in Suid-Afrika • die uitbreiding van die verkoop- en bemarkingstrategieë van die handelsmerke • die bereiking van langtermyn-doelwitte en -oogmerke.
Die posisie behels: • verteenwoordiging van die handelsmerke in alle nasionale verspreidingskanale • identifisering van handelsmerk- en verkoopgeleenthede • skakeling met klante en uitnemendheid in klantediens • skakeling met nasionale verspreidingsvennoot • die verkryging van markaandeel oor die volle klantebasis • die ontwikkeling van produkkennis deur middel van klant-wynproeë, kelneropleiding, plaasbesoeke, handelswynproeë, ens. • ondersteuning aan die handelsmerke in die mark deur middel van gehalteversekering en voldoening aan handelsmerkriglyne • marknavorsing-uitruiling met die Verkoop-, Handelsmerk- en Bemarkingsbestuurder • monitering en implementering van promosie-aktiwiteite, bv. verkooppuntmateriaal, rak-uitstallings en wynproeë by afsetpunte.
Kwalifikasies en vaardighede: • minstens vyf jaar ervaring van die Suid-Afrikaanse wynbedryf • uitmuntende kommunikasievermoë • ’n passie vir wyn • sakegerigte voorkoms en optrede.
’n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied.
As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie
×Please sign-in or register before you can apply for this job...