Sentrumbestuurder
Closing Date : 2017-03-13
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, die Breytenbach Trust, beskik tans oor bogenoemde betrekking by die Breytenbach Sentrum op Wellington. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, gemotiveerd wees, onafhanklik kan werk en eie inisiatief kan gebruik. ’n Sterk aanvoeling vir kultuur en kunste en ondervinding in ’n soortgelyke betrekking is vereistes vir hierdie pos. Bestuursondervinding en ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie is verdere vereistes vir die pos. Finansiële Bestuursvaardighede is verder van kardinale belang.
Die aansoeker is verantwoordelik vir die totale dag tot dag bestuursfunksie en sluit die volgende in: * operasionele bestuur * oorhoofse finansiële en begrotingsbestuur * personeelbestuur * opstel van maandelikse verslae * media skakeling * reël van aangeleenthede en projekte * aansoeke om befondsing * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 13 Maart 2017. Vir algemene navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik, nie later as 1 Mei 2017.
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...