Administratiewe Assistent
Closing Date : 2017-03-10
Closed : Yes
Description:
ADMINISTRATIEWE ASSISTENT
Ons kliënt, geleë in Worcester, beskik tans oor 'n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n vriendelike, vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasie-vaardighede wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer en wat onafhanklik kan werk . Ondervinding in 'n soortgelyke betrekking met deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Word, Excel, Outlook en Pastel) is vereistes vir die pos.
Pligte behels o a * hantering van skakelbord * kwotasies voorberei * prysnavrae * voorraad beheer * uitmaak van bestellings * liaseerwerk * kontantblik * tikwerk * ad hoc administratiewe en sekretariële pligte * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 10 Maart 2017.
Diensaanvaarding: So Spoedig as moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...