Menslike Hulpbron Bestuurder
Closing Date : 2017-03-03
Closed : Yes
Description:
Bosman Family Vineyards, geleë in die pragtige Wellington-wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking;
MENSLIKE HULPBRONBESTUURDER
(HALFDAG POS)
Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, gemotiveerd wees, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk en eie inisiatief kan gebruik. ‘n Relevante tersiêre kwalifikasie (Menslike Hulpbronbestuur of Bedryfsielkunde) en ± 8 jaar ondervinding waarvan ten minste 3 jaar Menslike Hulpbronbestuur insluit is vereistes.
Gevorderde administratiewe en rekenaarvaardighede, asook 'n uitgebreide kennis van arbeidswetgewing is verdere vereistes vir hierdie pos.
Die suksesvolle aansoeker se pligte en verantwoordelikhede sluit in, onder andere: • ontwikkeling, implementering en optimering van menslike hulpbron sakeprosesse • veranderingsbestuursprosesse • organisatoriese ontwikkeling • bestuursverslae en analises • implementering van BBBEE en transformasie-inisiatiewe • talent bestuur • opleiding en vaardigheidsontwikkeling • menslike hulpbron begrotings • menslike hulpbron nakoming en bestuur • gesondheid en veiligheid • mannekrag beplanning • alle ander menslike hulpbron en administratiewe take wat verband hou met hierdie posisie.
Die vergoedingspakket weerspieël die senioriteit van die aanstelling en is op ’n hoogs mededingbare vlak onderhandelbaar.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 3 Maart 2017.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...