Job Details

Senior Administratiewe/ Finansiële Assistent

Closing Date : 2017-03-14
Closed : Yes
Description:
’n Gevestigde Landbou-chemiese besigheid in Robertson, beskik tans oor die volgende posisie: Senior Administratiewe/ Finansiële Assistent Die suksesvolle kandidaat is organisatories sterk en kan onder druk en baie noukeurig werk. Praktiese ondervinding en vaardigheid ten opsigte van Pastel is ’n belangrike voorvereiste. ’n Toepaslike kwalifikasie en minstens 2 jaar ondervinding van rekenkundige vasleggingswerk tot op proefbalansstadium is verdere vereistes. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir: • vaslegging van finansiële data tot op proefbalansstadium • debiteure tot maandstate/krediteure • BTW-voorbereiding • toepaslike rekonsiliasies (insluitend bank en voorraad) • ander ad hoc-administratiewe en finansiële funksies. In ruil vir u bydrae bied ons ’n mededingende vergoedingspakket. Doen asseblief voor 09:00 op 14 Maart 2017 aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...