Menslike Hulpbronpraktisyn
Closing Date : 2015-08-07
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde wynbedryfonderneming in Robertson, beskik tans oor bogenoemde vakature vir ’n jong, dinamiese persoon met goeie kommunikasievaardighede. ’n Diploma in Menslike Hulpbronbestuur, ten minste 3 – 5 jaar toepaslike ervaring, sowel as kundigheid oor toepaslike rekenaarvaardighede, is vereistes vir die pos.
Die posbekleër rapporteer direk aan die Besturende Direkteur en die vernaamste take en verantwoordelikhede sluit die volgende in: • organisasie-ontwikkeling • loopbaanontwikkeling • opleiding • prestasiebestuur • werwing en keuring • arbeidsverhoudinge • statutêre arbeidsopgawes en statistieke • alle administratiewe menslike hulpbronfunksies verwant aan die pos.
In ruil vir u dienste bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...