Bestuurder (Plantverbetering)
Closing Date : 2017-02-17
Closed : Yes
Description:
BESTUURDER
(Plantverbetering)
Plantverbetering SA, met sy hoofkantoor geleë in die Paarl, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid vir ’n dinamiese, energieke persoon met interpersoonlike, analitiese en rekeningkundige vermoëns. Die suksesvolle kandidaat moet die bestuur en administrasie van alle Plantverbeteringskemas koördineer ten einde ’n gehalte diens te lewer aan die Wyndruif- en Sagtevrugte Plantverbeterings Verenigings. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie tesame met ’n minimum van 5 jaar toepaslike ondervinding is vereistes vir die pos terwyl blootstelling in navorsing (pomologie/wingerdkunde) in die aansoeker se guns sal tel. Uitstekende rekenaarvaardighede asook kundigheid in die bestuur van finansiële stelsels is verdere vereistes vir die pos terwyl kunidgheid in die opstel van verslae en vergaderingsprosedures ook in die aansoeker se guns sal tel.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende bestuur en implimentering van die strategiese besigheidsontwikkelingsplan * begrotingsbestuur en administrasie in terme van inkomste, uitgawes, kontantvloei, debiteure en beleggings * deurlopende skakeling met interne en eksterne rolspelers rakende plantverbetering en sertifisering * instandhouding van die plantverbetering en sertifiserings skemas * effektiewe identifisering, oplossing en kommunikasie van probleme en risiko’s rakende plantverbetering en sertifisering * verifiering en kontrole van uitgereikte en gekweekte plantmateriaal vir die doeleindes van sertifisering * skakeling met en besoeke aan kliënte en diensverskaffers * koördinering van inspeksiedienste * bestuur en koördinering van databasis en rekordhoudingstelsel * administratiewe bestuur asook alle ander take verwant aan die pos.
Die vergoedingspakket weerspieël die senioriteit van die aanstelling en is op ’n hoogs mededingbare vlak onderhandelbaar.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 17 Februarie 2017.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...