Junior Plaasbestuurder
Closing Date : 2015-07-24
Closed : Yes
Description:
JUNIOR PLAASBESTUURDER
Ons kliënt, ’n gevestigde boerdery onderneming in Robertson, benodig ’n jong en dinamiese persoon vir ’n vakante pos van Junior Plaasbestuurder. Ondervinding van vrugte en wyndruiwe verbouing sowel as ‘n toepaslike na-skoolse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns sal tel maar is nie vereistes vir die pos nie.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie van ’n volle eenheid en pligte behels o a aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, voorbereiding, onkruidbeheer, personeelbestuur, boerdery administrasie , begrotingsbestuur, onderhoudsbestuur sowel as alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...