Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-12-19
Closed : Yes
Description:
Assistent Wynmaker Ons kliënt, ’n dinamiese wynlandgoed in die Kaapstad Wynstreek, wat wyne van uitstaande gehalte maak vir die plaaslike en internasionale mark, benodig ’n kreatiewe persoon met ‘n passie vir wynmaak. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde en ten minste een pars seisoen daarna is ’n vereiste vir die pos. Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * kelderhigiëne * die wynmaakproses onder leiding van die Wynmaker * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * daaglikse rekordhouding van wynaksies en gepaardgaande administrasie * alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 19 Desember 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...