Bemarkings Assistent
Closing Date : 2017-01-19
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suidelike Afrika bied.
Bemarkings Assistent
NexusAG, met sy kantore geleë in Paarl, beskik tans oor die bogenoemde pos vir ’n vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasievaardighede. Relevante tersiêre opleiding en ondervinding in 'n soortgelyke betrekking met bogemiddelde organiseringsvermoë, deeglike administratiewe- en rekenaarvaardighede is vereistes vir hierdie pos. Goeie syferaanleg en kennis van bestellingsadministrasie sal die aansoek versterk, terwyl ’n geldige rybewys en u eie voertuig verpligtend is.
Die suksesvolle kandidaat se veelsydige pligte behels o a: * hantering van bemarking item bestellings * rekonsiliasie van rekeninge * voorraad beheer * hantering van navrae * skakeling met kliënte en alle ander belangegroepe * bemarkings- en skakelaktiwiteite * reël van funksies * hantering van maatskappy drukwerk * en alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied NexusAG ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 19 Januarie 2017.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...