Lynbestuurder
Closing Date : 2016-12-13
Closed : Yes
Description:
LYNBESTUURDER
(Vrugtepakhuis - meganiseerde voorsorteringsaanleg)
Novo Pakhuis, met sy prominente aanleg in die Paarl benodig ’n geskikte kandidaat met goeie menseverhoudinge, meganiese aanleg en wat onafhanlik en noukeurig kan werk. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer.
Die kerntake van die pos behels onder andere:
*Optimale opstelling van produksielyne
*Akkurate uitvoering van sorteringsinstruksies
*Bestuur van produksiespan (30 personeel)
*Meting en rekordhouding van uitsette
*Basiese onderhoud van masjienerie
Die ideale kandidaat moet beskik oor:
*Graad 12 met meganiese aanleg is vereistes vir die pos
*3-5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie sal in die aansoeker se guns tel
*‘n Relevante kwalifikasie (tegnies/meganies) sal in die aansoeker se guns tel
*Toesighouersvaardighede
*Vermoë om onder druk te funksioneer
*Bereidwillig om soms oortyd te werk (asook skofte)
*Rekenaarvaardigheid is krities
In ruil vir jou bydrae bied Novo Pakhuis ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 13 Desember 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...