Salaris en Lone Klerk
Closing Date : 2016-12-08
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde wynlandgoed geleë in Franschhoek, beskik tans oor die onderstaande posisie:
Salaris-/Loneklerk
Die ideale aansoeker vir hierdie pos is vlot tweetalig met goeie kommunikasievaardighede. Matriek en ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking, met deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede is belangrik. Die suksesvolle aansoeker rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder en sal primêr verantwoordelik wees vir loonadministrasie insluitend: • weeklikse oplaai van inligting op lonestelsel • byhou van personeelrekords • uitbetaling van weeklikse lone • alle ander ad hoc- finansiële en administratiewe take.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 8 Desember 2016 aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...