Ontvangs & Admin Beampte /Boekhouer
Closing Date : 2016-12-09
Closed : Yes
Description:
Indien u ’n spanpersoon is met ’n sistematiese professionele benadering en oor goeie rekeningkundige-, kommunikasie- en tydsbestuurvaardighede beskik, sal hierdie ’n stimulerende loopbaanskuif na ’n goed gevestigde boerdery onderneming in Wellington wees.
Ontvangs & Admin Beampte/Boekhouer
Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanleg vir finansies hê. Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie (Diploma in Rekeningkunde of Besigheidsadministrasie), ±3 jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking, asook rekenaarvaardigheid, is vereistes vir hierdie pos.
Die aansoeker rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder en sal verantwoordelik vir onder andere: • bestuur van debiteure rekeninge • kleinkas • invorderings • hantering van skakelbord • liassering en tikwerk • datavaslegging • hernuwing en registrasies van voertuie asook ander ad hoc administratiewe take.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 9 Desember 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...