Bouvoorman
Closing Date : 2016-12-08
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n jong en dinamiese konstruksiemaatskappy geleë in die Stellenbosch area, beskik tans oor die onderstaande vakature
Bouvoorman
Ons benodig die dienste van 'n self gemotiveerde persoon met goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels en wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer om verantwoordelikheid te aanvaar op bouprojekte waarby die firma betrokke is. ’n Minimum van 5 tot 10 jaar ondervinding in die boubedryf (± 3 jaar as toesighouer) is ’n voorvereiste vir die pos. ‘n Nagraadse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel.
Pligte behels onder andere skakeling met konsultante en kliënte, toesighouding en koördinering van sub-kontrakteurs, bestuur en beheer van materiaal en toerusting, koste-effektiewe beheer van bouprojekte, toepas van kwaliteitsbeheer en veiligheid en alle ander verwante take.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 8 Desember 2016. V
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...