Tegniese Beampte
Closing Date : 2016-12-06
Closed : Yes
Description:
Nexus AG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suiderlike Afrika bied.
TEGNIESE BEAMPTE
(Plantvoeding)
Nexus AG,met sy kantore geleë in Paarl, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ’n betroubare persoon met ’n kombinasie van tegniese kennis en uitstekende interpersoonlike en kommunikasie vaardighede, om by hul tegniese span aan te sluit. ’n Tersiêre kwalifikasie (BSc Grondkunde of Hortologie), ±3 – 5 jaar relevante ervaring in boerdery/konsultasie is ’n verdere vereiste terwyl kandidate met ’n goeie grondkundige en plantvoeding agtergrond voordeel sal geniet.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Tegniese Kommersiële Bestuurder rapporteer en die verantwoordelikhede sluit in * direkte en gereelde skakeling met rolspelers, insluitend kliënte, agente en verskaffers * instandhouding van huidige dokumentasie en stelsels * plant en produk ontwikkeling * administrasie van die tegniese afdeling * marknavorsing * strategiese ontwikkeling, asook alle administratiewe take verwant aan die pos.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 6 Desember 2017.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...