Assistent Wynmaker (6 maande kontrak)
Closing Date : 2016-11-29
Closed : Yes
Description:
Goudini Wynkelder, geleë in Rawsonville beskik tans oor die volgende betrekking.
Assistent Wynmaker
(6 maande kontrak)
Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie.
Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * kelderhigiëne * die wynmaakproses onder leiding van die Wynmaker * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * daaglikse rekordhouding van wynaksies en gepaardgaande administrasie * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Goudini Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 29 November 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...