Handelsmerkbestuurder
Closing Date : 2016-11-22
Closed : Yes
Description:
Die suksesvolle kandidaat is ’n vlot tweetalige persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is en ’n baie sterk aanvoeling vir bemarking het. Ongeveer vyf jaar ervaring van die bestuur van handelsmerke in die hoogs kompeterende wynbedryf, ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie in bemarking en/of verkoopsbestuur en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Hoofbestuurder: Bemarking rapporteer. U veelsydige pligte behels o a * deurlopende mark- en kliënteskakeling * bestuur en administrasie van die bestaande handelsmerke * ontwikkeling van nuwe handelsmerkkonsepte * langtermynbeplanning * bemarking en verkope * koördinering en reël van promosies, feeste en seminare * reklamering om ten einde optimum blootstelling te verseker * die rëel en loods van advertensie- en bemarkingsveldtogte * skakeling met alle teikengroepe asook alle administratiewe take verwant aan die pos.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 22 November 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...