Job Details

Administratiewe/Finansiële Beampte

Closing Date : 2016-11-22
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n boerdery-onderneming met een van sy vertakkings geleë buite Robertson, benodig tans die dienste van ’n: Administratiewe/Finansiële Beampte Die ideale kandidaat is vlot tweetalig met baie sterk organisatoriese vaardighede, die vermoë om die fynste besonderhede op te let, en goeie kommunikasievaardighede op alle vlakke. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel, terwyl vorige ondervinding in ’n soortgelyke betrekking asook rekenaarvaardigheid (Pastel/Donderhoekdata) ook vereis word. Ondervinding in een of meer van die volgende oudits (BSCI, ETA, SMETA , WIETA, Departement van Arbeid) asook ervaring met Africlock sal in die aansoeker se guns tel. Die posbekleër sal direk aan die Bestuurder rapporteer en sy/haar se belangrikste take en verantwoordelikhede sluit in: • byhou van Eienaar se dagboek • loon administrasie op Donkerhoekdata • byhou van personeelrekords • fakturering • verwerking van rekeninge op Pastel • alle ander ad hoc- administratiewe take wat met die pos verband hou. In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 22 November 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...