Job Details

Proelokaalbestuurder

Closing Date : 2016-12-08
Closed : Yes
Description:
Proelokaalbestuurder Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die Proelokaal asook die uitbou en promoveer van Leopard’s Leap Family Vineyards as ‘n toonaangewende toerismebestemming. Pligte: • Bestuur van die Proelokaal en alle fasette wat daarmee gepaard gaan • Koördinering van gastebesoeke en skakeling met gaste, klante en diensverskaffers • Aanbied van wynproeë en hantering van wynverkope • Koördinering van toerismepromosies en spesiale byeenkomste • Verteenwoordiging van Leopard’s Leap in die toerismebedryf • Fasiliteit- en begrotingsbestuur Vereistes: • Leierskapsvaardighede en puik organiseervermoë • 'n Aanvoeling vir die bemarkingsbeginsels van ‘n toonaangewende handelsmerk • Grondige kennis van wyn en die S.A. wynbedryf • 'n Passie vir kos en wyn • Uitmuntende kommunikasievermoë en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels • Sterk werkdissipline, met die vermoë om druk te kan hanteer • Vaardigheid met webwerf- en sosialemedia-platforms en rekenaarvaardigheid bo die gemiddelde • 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie • Minstens drie jaar toepaslike ondervinding • Bereidwilligheid om tye te werk wat met die gasvryheidsbedryf geassosieer word. ’n Mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan bostaande kriteria word aangebied. Doen asb voor 09:00, 8 Desember 2016, aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za . Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. As u binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief dat u aansoek nie geslaag het nie.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...