Wynmaker
Closing Date : 2016-11-23
Closed : Yes
Description:
Alvi’s Drift geleë in Worcester, benodig ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, en ten volle gekwalifiseerd in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding van 2 – 5 jaar, internasionaal en plaaslik opgedoen, is ’n vereiste vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die eienaar en sal vir die volgende kerntake verantwoordelik wees • koördinering van pars aktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en kelderhigiëne • die totale wynmaakproses • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproë en -promosies.
In ruil vir jou bydrae bied Alvi’s Drift ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 23 November 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u
aansoek onsuksesvol
was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...