Boekhouer
Closing Date : 2016-11-18
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, 'n dinamiese, gevestigde landbou produsent in die Muldersvlei area, benodig tans ‘n persoon met finansiële kundigheid asook uitstekende administratiewe en interpersoonlike vaardighede.
BOEKHOUER
’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (B.Comm of soortgelyk), 5 jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking en rekenaarvaardigheid (MS Office en Pastel) is vereistes vir hierdie pos. Die aansoeker rapporteer direk aan die Hoof Finansiële Beampte en die pligte behels onder andere: • volledige boekhouding tot en met proefbalans vlak (debiteure, krediteure, lopende en kredietkaart rekenings, joernale, alle rekonsiliasies ens.) • weeklikse rapportering aan die eienaars • statutêre opgawes (BTW, LBS, WCA, EE, CIPC ens.) • salaris- en loonadministrasie • • alle administratiewe funksies wat verband hou met die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 18 November 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...