Groep Rekenmeester (halfdag pos)
Closing Date : 2016-12-02
Closed : Yes
Description:
Groep Rekenmeester
(halfdag pos)
Ons kliënt, ‘n gevestigde onderneming met kantore in die Paarl & Stellenbosch beskik tans oor die bogenoemde geleentheid.
Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk, met ’n sterk aanleg vir finansies en besigheidsinsig. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie (B.Rek of soortgelyk), ±5 jaar toepaslike ondervinding, is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat is goed vertroud met die opstel van state van vele besigheidsvorme asook gepaardgaande belastingopgawes. Kennis van finansiele instrumente asook korporatiewe sekretariële funksies sal in die kandidaat se guns tel.
Die suksesvolle aansoeker sal primêr verantwoordelik wees vir die opstel van state, alle belastingopgawes, nasien van kontrakte, sosio-ekonomiese ontwikkelingswerk asook alle ander verwante rekeningkundige en administratiewe funksies wat van tyd tot tyd benodig word.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 2 December 2016.
Diensaanvaarding: 3 Januarie 2016.
Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...