Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-11-22
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, Overhex Private Cellar, ‘n gevestigde wynkelder in die skilderagtige Breederivier wynvallei met ‘n internasionale asook plaaslike verspreidingsnetwerk, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid vir ‘n dinamiese persoon wat onafhanklik en goed met mense kan werk en wat in besit is van ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie (B.Sc Agric Wingerd- en Wynkunde). Ondervinding in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Keldermeester rapporteer en die verantwoordelikhede sluit die volgende in: * hanteer alle aspekte tov sertifisering en akkreditasies (Fairtrade, ISO 22 000, IPW en WIETA) * kwaliteitsbestuur, GMP en tersaaklike inspeksies * laai van bulk en bottelwyn * bystand met wynbereiding * asook ander take verwant aan die pos. Die ideale kandidaat moet rekenaarvaardig, baie deeglik, akkuraat en resultaat gedrewe wees, In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 22 November 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...