Wingerdboukundige
Closing Date : 2015-07-31
Closed : Yes
Description:
WINGERDBOUKUNDIGE
Ons klient ‘n gevestigde onderneming met sy hoofkantoor in Upington beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n toegewyde wingerdboukundige met ‘n passie vir wingerdbou en wyn. Die geskikte kandidaat moet beskik oor goeie interpersoonlike verhoudinge en- vaardighede, die vermoë om in spanverband in die produksiespan en saam met bemarkers te werk en onafhanklik op te tree, ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie en sterk adminstratiewe-en rekenaarvaardighede.
Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir *alle fasette van wingerdbou advies aan produsente * identifisering van en detail-betrokkenheid by strategiese wingerdblokke * bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd * betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite * IPW-rekordhouding * Wieta en bestuur van kwaliteitskontrolestelsels * behulpsaamheid by wynpromosies en –verkope * alle administratiewe- en rekenaar take op WineMS.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...