Job Details

Assistent Wynmaker

Closing Date : 2016-11-14
Closed : Yes
Description:
Cape Point Vineyards, ’n dinamiese wynlandgoed in Noordhoek, wat wyne van uitstaande gehalte maak vir die plaaslike en internasionale mark, benodig ’n kreatiewe persoon met ‘n passie vir wynmaak. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde en ten minste een pars seisoen daarna is ’n vereiste vir die pos. Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * kelderhigiëne * die wynmaakproses onder leiding van die Wynmaker * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * daaglikse rekordhouding van wynaksies en gepaardgaande administrasie * alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied Cape Point Vinyards ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 November 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...