Vloot Kontroleur
Closing Date : 2016-11-04
Closed : Yes
Description:
Ons klient, ‘n gevestigde padvervoer/logistieke maatskappy, in die Boland beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ‘n ten volle tweetalige persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is en onder druk en onafhanklik kan werk. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (Logistiek) asook vorige ondervinding in ‘n logistieke/vervoer omgewing sal in die aansoeker se guns tel maar is nie ‘n vereistes nie. Die suksesvolle kandidaat moet ook bereid wees om oortyd en naweke te werk.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir daaglikse skedulering van op en aflaai van produkte, voertuig roetes moniteer, personeelbestuur, insamel en vaslê van oplaai, aflaai en rit inligting, alle verwante administratiewe take.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 4 November 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...