Wingerdkundige
Closing Date : 2016-10-31
Closed : Yes
Description:
Ons klient ‘n gevestigde onderneming met sy hoofkantoor in Upington beskik tans oor die volgende betrekking:
WINGERDKUNDIGE
‘n Tersiêre graad-kwalifikasie met wingerdkunde as hoofvakrigting moet gerugsteun word deur goeie kommunikasievaardighede terwyl vorige ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking in u guns sal tel.
Dit sal u taak wees om wynprodusente van kundige bestuursadvies te voorsien en onder meer behulpsaam te wees met hul keuses van kultivars, grondvoorbereiding, bemesting, prieelstelsels, besproeiing, snoei, lowerbestuur, die behandeling van siektes en plae, asook die finansieel voordeligste boerdery metodes. U sal verder verantwoordelik wees vir die selektering en kwaliteitsmonitering van wingerdblokke vir spesifieke handelsmerk-produkte, asook die opbou en byhou van ‘n dienooreenkomstige databasis. Die implementering van IPW, WIETA, die byhou van blokrekords en die kultivarriglynprogram, oesberamings, wingerdevaluasies, asook laboratoriumgedrewe gehaltebeheer van sap en wyn, vorm alles deel van hierdie uitdagende geleentheid.
Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en sal vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 31 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...