Job Details

Wynmaker

Closing Date : 2016-10-31
Closed : Yes
Description:
Ons klient ‘n gevestigde onderneming met sy hoofkantoor in Upington beskik tans oor die volgende betrekking: Wynmaker Die geskikte kandidaat is ‘n emosioneel volwasse individu met goeie menseverhoudinge, uitstekende kommunikasie vaardighede, sterk interpersoonlike en leierseienskappe wat toepaslik gekwalifiseerd is met ‘n graad en/of diploma in Wingerdbou en Wynkunde. U sal verantwoordelik wees vir: Bestuur van kelderaktiwiteite en personeel wat onder u ressorteer. Hantering van stelsels en administrasie verwant aan wynbereidingsproses. Produksieproses tesame met risikobestuur. Bestuursadvies aan produsente. Wynbereidingsproses en take verwant aan die pos. Uitvoer en koördinering van wingerdboukundige aktiwiteite saam met wingerdkundiges. Kandidate wat oor ervaring en/of die nodige naskoolse kwalifikasies beskik en/of in hul finale jaar in bogenoemde rigting studeer is welkom om aansoek te doen. Meld asseblief die datum van diensaanvaarding en u benaderde salarisverwagting ten opsigte van totale koste van indiensname in u aansoek. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar en sal vasgestel word ooreenkomstig kwalifikasies en ondervinding. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 31 Oktober 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...