Dieselwerktuigkundige
Closing Date : 2016-11-11
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde grondverskuiwingsonderneming geleë in die skilderagtige Olifantsrivier Vallei, beskik tans oor die volgende betrekking:
Dieselwerktuigkundige
Die geskikte kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder en beskik oor die vermoë om onder druk te kan funksioneer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en minstens 5 jaar instandhoudingsondervinding van grondverskuiwingsmasjienerie is vereistes vir hierdie pos. ’n Natuurlike meganiese aanleg asook ‘n geldige rybewys is verdere vereistes vir die pos. Kandidate moet bereid wees om oortyd en ongereelde ure te werk.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir alle instandhouding, onderhoud en herstel van masjienerie en toerusting, asook die administratiewe bestuur van verskaffers.
In ruil vir u bydraes bied ons kliënt mededingende vergoedingspakkette aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 11 November 2016.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...