Siviele Ingenieur
Closing Date : 2016-11-11
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde grondverskuiwingsonderneming geleë in die skilderagtige Olifantsrivier Vallei, beskik tans oor die volgende betrekking:
Siviele Ingenieur
Die geskikte kandidaat is ’n selfgedrewe, ambisieuse en gemotiveerde persoon met goeie leierskapsvaardighede. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Siviele Ingenieurswese (BSc/B.Ing), 5 jaar ondervinding in die ontwerp van die siviele infrastruktuur en sterk rekenaarvaardighede is vereistes vir hierdie pos.
Die pligte behels onder andere: • Beheer oor ingenieursprosesse (damme, paaie, ens.) • kosteberamings • aankope • prysbedinging • produksiebestuur • statistiese analises en alle ander take wat met die pos verband hou
In ruil vir u bydraes bied ons kliënt mededingende vergoedingspakkette aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 11 November 2016
×Please sign-in or register before you can apply for this job...