Senior Wynmaker
Closing Date : 2016-10-28
Closed : Yes
Description:
Namaqua Wines, geleë in Vredendal, beskik tans oor bostaande posisie. Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook ‘n minimum van 6 jaar
ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van kwaliteitskontrolestelsels (veral IPW) is verdere vereistes vir die pos.
Die Senior Wynmaker rapporteer aan die Produksiebestuurder en sal verantwoordelik wees vir die maak van Namaqua Wines se Premiumwitwynreekse sowel as volgende kerntake • die koördinering van parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • skakeling met wynaankopers • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels (IPW) • wingerdboupraktyke • voorraadbeheer en produksieadministrasie • opstel en toepassing van kelderbegrotings • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • beheer en toesig oor kelder- en kantoorpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos verband hou.
In ruil vir u dienste bied Namaqua Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 28 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik
Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...