Bemarkingsverteenwoordiger
Closing Date : 2016-10-28
Closed : Yes
Description:
Zandwijk Wyne, geleë in die Paarl, is ’n landgoed met ’n geskiedenis van 300 jaar in die vervaardiging van Kosher-wyne. Die maatskappy beskik tans oor hierdie opwindende loopbaangeleentheid vir ’n energieke, betroubare persoon met goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede.
Die pos behels die formulering en hantering van alle bemarkings- en promosionele take ten einde toe te sien dat die totale bemarkingsproses by die landgoed vlot verloop. Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike bemarkingskwali kasie, ten minste 3 jaar ondervinding in ’n wynbouomgewing met spesi eke verwysing na bemarking van wyne. ’n Geldige rybewys en eie vervoer is verdere vereistes.
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die totale bemarkingsfunksie, insluitend: promosie- en beeldbou-oefeninge • handelsmerkontwikkeling en -onderhoud • alle digitale media • markbehoeftebepaling • skakeling met die media, kleinhandelaars en wynaankopers • bevordering van uitvoere en uitvoerdokumentasie • instandhouding van webwerwe • samestelling van verkoopsverslae • ad hoc- administratiewe take.
’n Vergoedingspakket ooreenkomstig ondervinding en kwalikasie word aangebied.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 28 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...