Logistieke Klerk (Seisoenale Posisie)
Closing Date : 2016-10-26
Closed : Yes
Description:
Tulpak (Edms) Bpk, ’n gevestigde vrugte verpakkings en uitvoer maatskappy geleë in Tulbagh, beskik tans oor die bogenoemde seisoenale (1 November 2016 tot 31 Mei 2017) betrekking. Die suksesvolle aansoeker is ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Matriek, rekenaarvaardigheid, ’n geldige rybewys (Kode 08) asook eie vervoer is vereistes vir die pos.
Die aansoeker se pligte behels o.a. * hantering van uitvoerdokumentasie * voorraadbeheer * koördinering van aktiwiteite * kommunikasie met kliënte * alle administratiewe take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Tulpak ’n mededingende vergoedingspakket aan.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...