Job Details

Rekenmeester

Closing Date : 2016-10-24
Closed : Yes
Description:
Gemini Marine, met hul kantore geleë in Epping Industrieel, beskik tans oor die volgende posisie: REKENMEESTER Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanvoeling vir finansies hê. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie en 2 tot 3 jaar ondervinding van rekeningkundige werk tot op proefbalansstadium is vereistes vir hierdie pos. ’n SAPIA of soortgelyke registrasie sal in die aansoeker se gunst tel. Gevorderde Excel en Pastel Partner vaardighede is ’n verdere vereiste terwyl ondervinding van Pastel Payroll en vorige werksondervinding in ’n vervaardigings omgewing in u guns sal tel. Die aansoeker rapporteer direk aan die Finansiële Bestuurder en is verantwoordelik vir * debiteure * fakture * kasboek * bank rekonsiliasies * kleinkas * Loonadministrasie en betaling * voorraad hersiening en waardasie * Voorsorgfonds administrasie * krediteure hersiening * ander adhoc administratiewe en finansiële funksies. In ruil bied Gemini Marine ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 24 Oktober 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u a anvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...