Job Details

Produksiebestuurder: Kelder (wynbedryf

Closing Date : 2016-10-21
Closed : Yes
Description:
Produksiebestuurder: Kelder (Wynbedryf) Origin Wine (Edms) Bpk, geleë in die pragtige Stellenbosch Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde geleentheid vir ’n persoon met bestuursvernuf en die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf. Die ideale kandidaat is ’n uitstekende kommunikeerder, georganiseerd en kan uitstekend onder druk presteer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en 8 tot 10 jaar ondervinding in ’n soortgelyke betrekking sowel as ’n grondige kennis van bottelerings-/wynmaakprosesse is vereistes vir hierdie pos. Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende verantwoordelik wees: • bestuur van kostedoeltreffende produksieprosesse binne bepaalde tydlyne • opstel van en aanpassings aan die produksie- en tydskedules • handhawing van optimale voorraadvlakke • versekering dat produkte van hoë gehalte en kwaliteit vervaardig word • implementering van kwaliteitstelsels • toepassing van wetlikvoorgeskrewe gesondheids- en veiligheidsriglyne • opstel en bestuur van produksiebegrotings • koördinering van instandhouding van alle masjinerie en toerusting • skakeling met ander departemente om produksiedoelwitte te bereik • bestuur en motivering van personeel • identifisering van opleidingsbehoeftes en prestasie-evaluering van ondergeskiktes • alle ander ad hoc-take wat met die pos verband hou. Origin Wine (Edms) Bpk bied ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 21 Oktober 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...