Assistent Wynmaker
Closing Date : 2016-10-24
Closed : Yes
Description:
Waverley Hills Organic Wines, geleë op die Tulbagh Wynroete, bied hierdie geleentheid aan vir 'n jong gekwalifiseerde Wynmaker met 1 - 3 jaar ervaring van die totale wynmaakproses. Hierdie pos sal alle aspekte van wynbereiding en gepaardgaande toesighouding en administrasie insluit. Addisionele pligte wat deel sal uitmaak van die pos is algemene onderhoud, basiese wyn analises, aanbied van wynproeë en ander werksverwante pligte. Eienskappe wat die aansoek sal bevoordeel is die vermoë om onder druk te kan werk, praktiese aanleg, leierseienskappe en die begeerte om te leer.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 24 Oktober 2016.
Diensaanvaarding so spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...