Assistent Winemaker
Closing Date : 2016-10-21
Closed : Yes
Description:
uniWines Vineyards , ’n dinamiese wynmaatskappy wat wyne van uitstaande gehalte maak vir beide die plaaslike en internasionale mark, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook rekenaarvaardigheid is vereistes vir die pos terwyl toepaslike ondervinding in die aansoeker se guns sal tel.
Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite *nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne * die wynmaakproses saam met Wynmakers en die Keldermeester * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * daaglikse rekordhouding van wynaksies * alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied uniWines Vineyards ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 21 Oktober 2016. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...