Logistieke/Uitvoere Koordineerder
Closing Date : 2016-10-20
Closed : Yes
Description:
Ons klient, geleë in die Somerset-Wes omgewing, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Hierdie is ‘n uitstekende loopbaangeleentheid vir ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te kan werk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, vier jaar ondervinding van logistieke administrasie/uitvoere en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos. Ondervinding van die wynbedryf en die Wine on Line rekenaarprogram sal verder in die aansoeker se guns tel.
Die pligte behels o a: alle aspekte rakende die hantering van uitvoerdokumentasie * SAWIS * logistieke beplanning en administrasie * hantering van alle bestellings * voorraad kontrole * ontvang, plasing en verwerking van bestellings * doane en aksyns * kliënteskakeling * alle ander administratiewe take verwant aan die pos.
In ruil vir u bydrae bied ons klient ’n bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...