Job Details

Kwaliteitskontroleur/Laboratorium Assistent

Closing Date : 2016-10-28
Closed : Yes
Description:
Kwaliteitskontroleur/Laboratorium Assistent Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, benodig tans die dienste van ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Toepaslike naskoolse kwalifikasie in ’n chemiese rigting en rekenaarvaardigheid asook ondervinding van kwaliteitskontrolestelsels (HACCP) en laboratorium werk sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle aansoeker is in beheer van die roetine laboratorium ontledings en kwaliteitskontroles van die produksie afdeling en pligte behels onder andere * die koördinering van kwaliteitskontrole stelsels (HACCP) * kwaliteitskontrole van die wynbereidingsproses * kwaliteitskontrole oor verpakkingsmateriaal * kwaliteitskontrole van droë voorraad * koördineer/implimenteer van kwaliteitskontrole prosedures * die koördinering van alle ander relevante kontroleringstelsels waaronder IPW, ISO en BWI sal val * koordinering van higiëne stelsels asook alle administratiewe funksies verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied Klawer Wynkelders ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 28 Oktober 2016. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...