Tuinetoesighouer
Closing Date : 2016-10-25
Closed : Yes
Description:
Tuinetoesighouer
(Pensioentrekkers kan gerus aansoek doen)
Ons klient, geleë op ’n plaas buite die Paarl, beskik tans oor die bogenoemde betrekking vir ’n energieke, skeppende persoon wat onafhanklike besluite kan neem. Die suksesvolle kandidaat beskik oor plant- en tuinmaakkennis en ’n natuurlike vermoë om mense te bestuur. Die suksesvolle kandidaat moet sy/haar eie vervoer hê. Ervaring in ’n soortgelyke betrekking sal in die aansoeker se guns tel.
Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir: • die uitvoering en instandhouding van die plaas se tuine, grasperke en oop ruimtes • daaglikse tuinbouverwante onderhoudswerk • beheer en toesig oor werknemers.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 25 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Indien u binne twee weke geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...