Leerder-Landboumiddel Agent
Closing Date : 2016-10-11
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesoplossingsdienste aan hul kliënte in Suiderlike Afrika bied en het agentskappe in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.
LEERDER-LANDBOUMIDDEL-AGENT
’n Ideale geleentheid bestaan vir ’n verkoopsgedrewe persoon wat as leerder-landboumiddel agent sal optree. Die geskikte kandidaat beskik oor: • ’n toepaslike kwalifikasie (B.Agric/diploma in Landbou) • uitstekende kommunikasievermoëns (in beide Afrikaans en Engels) • bogemiddelde leiereienskappe en bemarkingsvaardighede • uitstekende interpersoonlike vaardighede • die vermoë om ’n kliëntebasis op te bou en te onderhou • ’n bereidwilligheid om te reis.
Die leerderskap bied die geleentheid vir die ideale kandidaat om blootstelling binne NexusAG agentskappe te kry in die volgende areas: • tegniese konsultering op plaasvlak • bemarking en verkope • mark- navorsing • verkoopsvooruitskattings • die daarstelling van ’n bemarkingstrategie en bemarkingsbeplanning • verslagdoening • die bestuur van ’n depot en depotpersoneel.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 11 Oktober 2016.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek
onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...